Ons Storie
Wie en Hoekom is KwaadFiks?
KwaadFiks is meer as net 'n handelsmerk – dit is jou nuwe gunsteling rede om jou fiksheid uit te leef én 'n verskoning om nóg 'n T-hemp by jou kas te voeg. Gebore uit 'n passie vir CrossFit (en die pynlike lekker gevoel ná burpees), bied KwaadFiks sportklere en bykomstighede wat nie net jou styl verbeter nie, maar ook gemaak is om die sweet en trane van AMRAPs en PRs te oorleef. Ons naam sê alles: “Kwaad” vir die vasberadenheid waarmee jy daai laaste rep aanpak, en “Fiks” vir die fiksheid wat jy in styl bereik.
Maar ons is nie net hier om klere te verkoop nie – ons is hier om terug te gee. Deur ons KwaadFiks Merkaat Program, herbelê ons ons winste om CrossFit-atlete te ondersteun deur kompeteringsinskrywingsfooie te dek, premium klere te voorsien en 'n omgewing te skep waar hulle op hul beste kan presteer. Wanneer jy KwaadFiks dra, verteenwoordig jy nie net 'n handelsmerk nie – jy help om 'n sterker CrossFit-gemeenskap te bou.

Kwaad Aap
Ontmoet ons Mascot – Die Kwaad Aap!
Elke goeie storie het 'n held – en ons s'n is die Kwaad Aap, 'n gorilla met meer biceps as 'n CrossFit games finalis. Hierdie ou vat nie nonsens nie en sal jou motiveer om daai ekstra rondte te doen, al voel jy soos ‘n platgeslaande boerewors ná ‘n WOD. Die gorilla simboliseer krag, uithouvermoë en, natuurlik, ‘n bietjie houding – net soos ons KwaadFiks familie. Hy’s die tipe ou of vrou wat jou wys hoe om swaar te lig en steeds jou protein shake met grasie te drink.